Patriot Boerbokstoet voer vanaf 2006 ons top gehalte, suiwer en siekte-vrye Boerbokke na verskeie lande in die buiteland uit. Dié lande sluit in Abu Dhabi en Dubai in die UAE, Angola, Botswana, Bangladesh, DRK, Ghana, Kenia, Malawi, Mozambique, Rwanda, Sudan, Swaziland, Uganda, Zambië, Zimbabwe en ander.
Suid-Afrika is die bakermat van die Boerbokras. Dit is die standaard waaraan alle vleisbokke wêreldwyd gemeet word. Patriot Boerbokstoet is een van die min telers in Suid-Afrika wat aan alle wetgewing en regulasies voldoen om gehalte Boerbokke te kan uitvoer. Dit maak dus baie sin om gebruik te maak van 'n teler wat vanaf 1994 by die Boerbokbedryf betrokke is.
Ons bied 'n omvattende diens:
Patriot Boerbokstoet is by die verskeie uitvoerinstansies geregistreer. Dit beteken dat jy as invoerder ten alle tye beskerm is teen wanpraktyke.
Indien jy sou belangstel om met Boerbokke in jou land te begin boer of indien jy inheemse bokke deur kruisteling aansienlik wil verbeter, het ons die regte bokke vir jou beskikbaar.
Kwarantyn Fasiliteite
Patriot Boerbokstoet beskik oor Staatsveearts-goedgekeurde kwarantynfasiliteite waar uitvoerdiere onder kwarantyn geplaas word voordat hulle uitgevoer word. Hierdie fasiliteite is volgens streng standaarde opgerig en voldoen aan alle vereistes wat deur die Departement Landbou gestel word.