Patriot Boerbokstoet

Vrugbaarheid - Moedereienskappe - Gehardheid - Aanpasbaarheid

Patriot Boerbokke

Funksioneel Doeltreffende diere vanaf 1993

Vanaf 1993, teel Patriot Boerbokstoet funksioneel doeltreffende Boerbokke wat die kernwaardes van die Boerbokras vergestalt. 

Ons boer ekstensief in die Philippolis distrik in die Bo-Karoo gebied van die Vrystaatprovinsie, Suid-Afrika. Hier produseer ons geharde, veld-aangepaste diere wat, met minimale insette, besonders goed presteer. 

Ons Boerbokke verbeter die winsgewendheid van Boerbokkuddes hier ter plaatse sowel as in baie lande regoor die wêreld.

Patriot Boerbokstoet is by SA Stamboek geregistreer en ons neem deel aan die Nasionale Veeverbeteringskema. Ons eie prestasiesyfers word deur die voorste kuddebestuursagteware, BenguFarm, verwerk om ons te help om ons diere te verbeter. Dié is slegs verdere gerustelling dat jy uitstekende teelmateriaal, wat help om jou eie vooruitgang te bespoedig, aankoop.

Passie & Kundigheid

Ons passie is suiwer geteelde Boerbokke. Ons teel geen ander vee nie behalwe dié besonderse vleisbok, eie aan Suid-Afrika. Ons kundigheid is oor baie jare al deur goeie sowel as slegte jare, droogte, koue, hitte, swak markte en siektes geslyp.

Funksioneel Doeltreffendheid

Prestasie, nie voorkoms alleen, is wat ons teeldoelwitte dryf. Ons Boerbokke presteer besonders goed op natuurlike weiding met goeie bestuur en minimale insette. Stalgevoerde diere druis totaal in teen ons fokus op die teel van produktiewe, funksioneel doeltreffende diere.

Integriteit & Eerlikheid

Ons kliënte in Afrika, Midde-Oosterse lande en Asië ken ons as reguit, eerlike telers wat die hoogste etiese standaarde en integriteit handhaaf. Ons verwelkom graag besoekers per afspraak en beantwoord graag vrae.

Kern Waardes

Ons het nog nooit die kern waardes van die Boerbok, naamlik vrugbaarheid, gehardheid, moedereienskappe, aanpasbaarheid en vinnige groei op veldweiding, uit die oog uit verloor nie. Hedendaagse diereproduksie vereis dié eienskappe om sodoende doeltreffendheid en winsgewendheid vir die produsent te verbeter.

"Feit: Indien jou ooi nie lam nie, het sy geen bydrae tot jou boerdery gemaak nie; sy het jou inderdaad geld gekos."

Johan Steyn, eienaar, Patriot Boerbokstoet

en_ZAEN